Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Xochitl Dixon

Volhard Met Vrede

Alhoewel ek in my stryd met chroniese pyn op God vertrou, kan selfs die geringste terugslag soms voel soos ’n hewige vyandige aanval. Dan voel dit of ek kan hardloop en iewers gaan wegkruip. Maar aangesien ek nie my pyn kan ontsnap, my omstandighede kan verander, of my emosies kan ignoreer nie, leer ek om op God te vertrou om…

Indiensopleiding

Toe ’n onderwyser my vra om hulle op ’n uitstappie te vergesel, het ek gehuiwer. Hoe kon ek met ’n verlede vol foute as rolmodel optree? As ek steeds worstel, struikel en terugglip in slegte gewoontes? Met God se hulp kon ek my seun liefhê en opvoed, maar kon Hy my gebruik om ander te dien?

Soms onthou ek steeds…

Slegs Deur Gebed

My vriendin wat kankerbehandeling ondergaan het, het my laat in die nag gebel. Haar onbeheerste snikke het my droewig gemaak. Ek het saamgehuil en stilweg gebid: Wat is ek veronderstel om te doen, Here?

Haar rou uitroepe het my aan die hart gegryp. Ek kon nie haar pyn verlig, haar uithelp of met ’n enkele verstaanbare woord troos nie. Ek…

Eer Aan Die Groeier

Nou die dag merk ek’n blerts geel regs van ons oprit op. Ses affodille, saamgedruk tussen twee klippe, het fier en trots geblom. Omdat ek nie doelbewus die bolle geplant, kunsmis of water gegee het nie, kon ek nie uitwerk hoe of hoekom die blomme in ons erf gegroei het nie.

Jesus illustreer die mistiek van geestelike groei met die…

Ons Sal Nie Breek Nie

As ’n boorling van Kalifornië met ’n liefde vir alle sonnige dinge, skram ek weg van koue dinge. Ek geniet egter pragtige foto’s van sneeu. Ek kon nie anders as om te glimlag toe my vriend ’n foto deel van ’n jong boompie nie. Bewondering het in hartseer verander toe ek die kaal takke sien, wat buig onder die swaar…

Vrywillige Gee

My seun Xavier was ses jaar oud toe ’n vriendin en haar seuntjie eendag vir ons kom kuier. Ek was bly toe ek sien hoe mededeelsaam my seun met sy speelgoed is – totdat hy ’n speelding waarvan ek weet my man baie lank na gesoek het, aanbied. My vriendin het die speelding herken en wou keer. Xavier het egter sonder…

Bekwaam En Beskikbaar

My man was by die werk toe ek die nuus kry dat my ma met kanker gediagnoseer is. Ek het ’n boodskap vir hom gelaat en vriende en familie gebel. Niemand was beskikbaar nie. Met my gesig in my bewende hande het ek gesnik: “Here, help my!” Die gerusstelling dat Hy by my was, het my gedurende daardie eerste oomblikke…

Die Skulduitwisser

Ek het trane weggeknip toe ek na my mediese rekening kyk. Met my man se skerp ingekorte salaris ná ’n lang tydperk van werkloosheid, sou dit jare se geringe maandelikse paaiemente neem om selfs net die helfte van die balans te probeer delg. Ek het gebid, die spreekkamer gebel, ons situasie verduidelik en ’n vergoedingsplan aangevra.

Ná ’n kort rukkie…

Geloofopbouende Herinnerings

Toe ek die lokaal betree, sien ek die skare wat byeengekom het vir Oujaarsdag. Vreugde het my hart gevul toe ek die gebede van die vorige jaar onthou. Ons het saam getreur oor eiewyse kinders, die afsterwe van geliefdes, werksverliese en gebroke verhoudings. Maar ons het ook God se genade ervaar deur veranderde harte en herstelde persoonlike verbintenisse. Ons het…

Ewigdurende Hoop

In die week voor Kersfees, twee maande na my moeder oorlede is, was vakansie-inkopies en versierings onderaan my prioriteitslys. Ek het my man se pogings weerstaan om my te troos met die verlies van ons diep gelowige matriarg. Ek was nukkerig terwyl my seun Xavier die stringe Kersfeesliggies losgemaak en vasgekram het teen die mure. Sonder ’n woord het hy…